Forum Search:

Home » ShareChat » ShareChat » Liberty Int. (LBT)
Liberty Int. [message #51013] Tue, 09 March 2010 10:52 Go to next message
jaDEB  United Kingdom
Messages: 1061
Registered: February 2006
Location: Boksburg
Senior Member
Market does not like results...damn down 4%.....

PS. UUU results out this week.

index.php/fa/2698/0/


jaDEB

"Sometimes the Dragon wins..."
Re: Liberty Int. [message #51089] Wed, 10 March 2010 08:27 Go to previous messageGo to next message
jaDEB  United Kingdom
Messages: 1061
Registered: February 2006
Location: Boksburg
Senior Member
OK...now I understand........damn..SA shareholders lose out.

index.php/fa/2712/0/

Johannesburg. - 'n Grondverskuiwende aanpassing in die beleid oor maatskappye met primêre noterings in die buiteland en sekondêre noterings op die JSE, gaan 'n beduidende uitwerking hê op Suid-Afrikaanse beleggers in Liberty International (LibInt).

LibInt het gister bevestig dat hy sy onderneming in twee afsonderlike entiteite gaan verdeel, die Capital Shopping Centres-onderneming met 'n waarde van £5 miljard en die Capital & Counties-onderneming wat £1,24 miljard werd is.

Laasgenoemde besit en bestuur hoofsaaklik 'n portefeulje beleggingseiendom in Londen se sentrale sakegebied.

In die verdeling sal LibInt se aandeelhouers een aandeel in Capital & Counties vir elke aandeel in LibInt ontvang.

Die Capital & Counties-aandele sal egter nie so vrylik kan verhandel soos die LibInt-aandele nie.

LibInt, wat voortaan as Capital Shopping Centres bekend sal wees, hoop om sy dubbelnotering op die JSE en die Londense Aandelebeurs (LSE) te behou, maar die Capital & Counties-onderneming sal afsonderlik op die JSE moet noteer.

Toestemming kon nie vir 'n dubbelnotering verkry word nie en die onderneming gaan inwaarts op die JSE noteer word, sê mnr. David Fischel, uitvoerende hoof van LibInt.

'n Inwaartse notering beteken dat die Capital & Counties-onderneming as 'n buitelandse maatskappy geklassifiseer sal word.

Dit sal daarop neerkom dat beleggers wat in die verlede vrylik in die aandele kon handel dryf, voortaan hul buitelandse toelae sal moet gebruik vir beleggings in Capital & Counties.

As Suid-Afrikaanse institusionele beleggers net 'n beperkte deel van hul bates in die nuwe afsonderlike onderneming mag belê, sal beleggingsportefeuljes beduidend aangepas moet word.

Fischel sê Suid-Afrikaanse institusionele aandeelhouers sal 'n tydperk van twee jaar gegun word om hul portefeuljes aan te pas indien hulle hul buitelandse toelae oorskry as gevolg van Liberty se plan om sy onderneming in twee te verdeel.

Tans is sowat 40%van die maatskappy se aandeelhouers Suid-Afrikaners, insluitende die familiebelange van sir Donald Gordon.

Mnr. Leon Allison, eiendomsontleder van Macquarie First South, sê die Capital & Counties-onderneming, wat sowat 30% van LibInt uitmaak, gaan moet meeding met ander buitelandse beleggings, weens die beperkte allokasie.

Aan die ander kant reken hy die verdeling gaan die voordeel inhou dat beleggers 'n wyer keuse gaan hê, waar die konserwatiewe belegger in die winkelsentrumonderneming kan belê en die belegger met 'n groter aptyt vir risiko in die ontwikkelingsbates kan belê.

Die winkelsentrumonderneming sal die defensiewe Britse winkelsentrumbates insluit, asook dié in die VSA en in Indië. Capital & Counties sal LibInt se belange in Covent Garden, Earls Court & Olympia insluit, asook die Great Capital-vennootskap en twee beleggingsfondse wat op China fokus.

LibInt se direksie meen die verdeling van die onderneming in twee entiteite sal mettertyd groter waarde aan aandeelhouers ontsluit, as die gekombineerde onderneming.

LibInt se aandeelprys het gister met meer as 5% geval ná dié nuus en ook nadat hy swakker as verwagte jaarresultate bekend gemaak het.

Mnr. Anton de Goede, eiendomsportefeuljebestuurder by Coronation, sê die maatskappy se resultate vir die jaar tot einde Desember weerspieël dat hy steeds kleigetrap het, maar daar is heelwat tekens van 'n herstel.

In die oorsigjaar het die onderliggende verdienste afgeneem tot 18,3p per aandeel van 29p per aandeel die vorige jaar.

Die maatskappy se netto batewaarde per aandeel was laer as die verwagting op 464p, teenoor 745p die vorige jaar.

Aan die positiewe front het die okkupasiesyfer vir die winkelsentrums beduidend verbeter tot 97,8% van 93,6% die vorige jaar.

Die maatskappy het 'n finale dividend van 11,5p per aandeel verklaar, wat die dividend vir die volle jaar op 16,5p te staan bring.

De Goede sê dit is in ooreenstemming met LibInt se verwagting.


jaDEB

"Sometimes the Dragon wins..."
Re: Liberty Int. [message #51130] Wed, 10 March 2010 13:51 Go to previous messageGo to next message
joshua
Messages: 668
Registered: June 2009
Location: By the SEA
Senior Member
Wees versigtig! Om elke hoek is daar SKELM'S. Mad
Re: Liberty Int. [message #51166] Thu, 11 March 2010 06:24 Go to previous messageGo to next message
Worker  South Africa
Messages: 78
Registered: September 2009
Location: Gauteng
Member
joshua wrote on Wed, 10 March 2010 13:51
Wees versigtig! Om elke hoek is daar SKELM'S. Mad


What's the way forward for this one? Still good long term 3-5 years, or is it time to bail?


Steve
Re: Liberty Int. [message #51170] Thu, 11 March 2010 08:05 Go to previous message
Richie Rich
Messages: 179
Registered: August 2009
Location: South Africa
Senior Member

They have high value assets and as stated above have an 97,8% occupation level, so I will hold onto my LBT's.

RR


If a price of a share does not go up or down I'm positive it will stay flat.
Previous Topic:MUR
Next Topic:JSE Share by Market Cap
Goto Forum:
  


Current Time: Fri Jul 30 17:44:54 SAST 2010
.:: Contact :: Home ::.

Powered by: FUDforum 2.8.1.
Copyright ©2001-2009 FUDforum Bulletin Board Software

Sharechat is sponsored by Sharenet - Your key to Investing on the JSE